Die Ware Openbaring is ’n wonderlike onderwerp. Dit handel oor dit wat God self bekend gemaak het. Elke mens moet hiervan weet en dit glo.
# Hierdie studie word in vier volumes aangebied. Dit is:
Volume 1: Wat is die Ware Openbaring?
Volume 2: Hindoeïsme, Boeddhisme, Animisme, Judaïsme
Volume 3: Islam
Volume 4: Skepping of Evolusie?
# Die doel waarvoor hierdie boeke geskryf is, is nie om wêreldgodsdienste of evolusie in diepte te ontleed nie, maar om die Ware Openbaring aan navolgers hiervan te verduidelik.
# Volume 1 bied ’n oorsig oor die Ware Openbaring. As jy ’n breedvoeriger studie oor Jesus in die Ou Testament wil maak, kan jy Volume 3, hoofstuk 5 – 14, bestudeer.
# Die Naam Jesus word deurgaans in hierdie boeke gebruik om dit makliker verstaanbaar te maak. Hy was in beide die Ou en Nuwe Testament aktief.
Comments
Post a Comment